Net weer n woord van dank met die spoedige herstel van my seun se Rossi 30-30.Ek het die geweer vir 7 maande by n baie bekende wapen winkel/geweersmid gehad sonder enige sukses.Toe ek die geweer daar gaan haal het, is daar vir my gese om maar n ander geweer te koop.
In minder as twee weke is dieselfde wapen nagesien en herstel deur die Ranburg Firearms.Ek beveel hulle ten sterkste aan vir enige wapen probleme wat ander mee sukkel.Almal wat daar werk is behulpsaam en baie vriendelik en deel graag hul kennis met ander.Ek haal my hoed af vir julle en bedank julle vir die flinke diens,behulpsaamheid en vriendelikheid. Baie Dankie!

Pieter

regular customer